Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kom ons besin oor Kersfees

Kersdag huiwer al weer op die agtergrond. En terwyl die moderatuur se plekke nog warm gesit is, wonder ’n mens of hulle nie maar te midde van al die gewigtige besluite ook net so terloops weer oor Kersdag kon besin nie.

Jesus is tussen 1 en 6 Maart in 6/7 v.C. gebore. Die Persiese god Mithras, ook as die songod aanbid, se geboorte is in die Romeinse Ryk op 25 Desember gevier tydens die noordelike sonnestilstand.

Wydverspreide heidense feeste het dwarsoor die ryk voorgekom (wat ’n mens laat wonder of dit meer profaan kon wees as die hedendaagse Kersvieringe!). Sewe was ook die heilige syfer wat aan Mithras opgedra is. Konstantyn het dus, behalwe 25 Desember, ook beveel dat die sewende dag ’n dag van rus ter ere van die songod moes wees. Dit is net so deur die Christene oorgeneem om sodoende hul feeste in vrede te kon vier.

Kan ons dan nie maar ’n Christusfees in die eerste week van Maart vier om af te wyk van die ou heidense 25 Desember nie?

Meer oor:  My Stem  |  Kersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.