Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kom ons lees almal ’n bietjie wyer

Wilhelm Jordaan se rubriek “Misterie is wat jou toelaat om kinderlik te glo” (02.06) het nie al die kante korrek weergegee nie.

Hy praat van die “fundamentalistiese godsdiensuitlatings soos ‘kreasionisme’, wat volhou die aarde is net 6 000 jaar oud”. Nee, die basiese leer van kreasionisme, of skeppingsleer, gaan nie oor die ouderdom van die aarde nie, maar oor die beginselleer dat God die Skepper is.

Baie skeppingsleerkundiges glo dat die aardmassa veel ouer kan wees. Waaroor hulle wel saamstem, is dat die bestaan van die mens op aarde in terme van duisende jare gemeet kan word, soos die Bybelse stamboom aandui en tekens van beskawing bevestig, en nie in terme van miljoene jare soos die evolusioniste beweer nie.

Jordaan is aan die verkeerde kant as hy skryf dat “intelligente ontwerp”, of IO, “reken die boek Genesis is versoenbaar met evolusie wat God se skeppingsmetode is; met God as die Slim Ontwerper”. IO beweer dit glad nie; teïstiese evolusioniste beweer dit.

As vakdissipline is die doel van IO om op ’n wetenskaplike wyse te bewys dat “ontwerp” (design) die basis van alle aspekte van die lewe is en dat dit glad nie op lukrake toevallige kans kon ontstaan het soos die evolusioniste beweer nie. As dissipline maak hulle geen uitsprake oor Genesis of oor God nie, maar laat dit oor aan die filosowe en teoloë.

Aangaande die oorsprong van lewe is daar net twee opsies, naamlik “ontwerp” of “kans” (design of chance). IO-ondersteuners ondersteun eersgenoemde, terwyl evolusioniste laasgenoemde ondersteun. Die boek By Design or Chance – the Growing Controversy on the Origins of Life in the Universe deur Denyse O’Leary gee ’n deeglike uiteensetting.

Die topverkoper Intelligent Design for Dummies gee die grondbeginsels van IO-leer weer. In die boek Debating Design: From Darwin to DNA lewer 20 vooraanstaande skrywers bydraes oor Darwinisme, kreasionisme, teïstiese evolusie en IO. Die mederedakteurs is Michael Ruse, die aarts-evolusionis, en William Dembski, die aarts-intelligenteontwerp-kundige.

Kom ons lees almal ’n bietjie wyer.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Wilhelm Jordaan  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.