Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Komkommerkoel dief steel toe my inkopies

Vrydag 6 Desember vergeet ek uit oorsigtige haastigheid sowaar my inkopies in die trollie langs my motor by Prellerplein. En ek ry huis toe.

Sowat ’n uur later maak ek my motor se kattebak oop en toe spring my kop in rat.

Ek het dadelik Pick n Pay se bekwame veiligheidspersoneel geskakel en hulle het met Preller Walk se sekuriteit geskakel.

Die les: Moet nie vergeetagtig wees nie en moenie almal vertrou nie.

Op kringtelevisie sien ons toe hoe ’n oorgewig wit man met ’n bril en kaalkop in sy wit Volkswagen Golf langs my trollie parkeer.

Hy klim flink uit, neem die twee sakkies, stap tot vlak voor Pick n Pay en los dit in ’n klein trollie naby die deur. Dan stap hy die winkel binne en kom ’n goeie tien minute later met twee items in sy hande uitgestap. En dan stap hy weg met die trollie met my twee sakkies ook.

Hy gaan laai dit flink agter in sy motor, klim komkommerkoel in en ry weg.

Om die skelmspul te aanskou, het my adrenalien koorsig laat kook.

Of dié kaalkop dief ooit gevang sal word, weet ek nie. Sy regis­trasienommer moet nog geïdentifiseer word. En of ek ooit my kruideniersware van R400 sal terugkry, sal ek ook moet sien.

Dalk kry ek voor Kersfees ’n oproep met goeie nuus.

Die les: Moet nie vergeetagtig wees nie en moenie almal vertrou nie.

Meer oor:  Mystem  |  Steel  |  Briewe  |  Inkopies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.