Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kommentaar van die week

Hier is die beste kommentaar van die week:

Kruger van der Merwe onderaan die rubriek van Ivor Price “ ’n Gerusstelling in die Vlakte dat als oukei is”:

Dankie vir hierdie berig wat demonstreer wat gebeur wanneer ons ons vooroordele en vrese los en met mekaar as mense saamleef, nie as idees nie. Laat jouself toe om iemand van ’n ander geloof, ras of kultuur as joune te leer ken op persoonlike vlak. Raak nuuskierig oor hul drome, hul wense, alledaagse dinge waaroor daai persoon opgewonde raak en dinge waaroor hulle wonder. Deel jou drome en kommernisse met daai persoon. Kyk wat gebeur soos die verhouding ontwikkel en raak bewus van wat binne jou en die ander persoon gebeur. Of bly soos jy is en kyk wat gebeur. Raak bewus van wat binne jou en andere gebeur soos jy meer en meer op jou eiland bly.

Ansie Schlebusch onder die berig “Vroue mag nie sing by dié diens”:

Dan moet die ortodokse Jode en rabbi’s hulleself maar verskoon. Daar is meer vrouens as hulle en daar is ook vroue (en kindertjies) vermoor gedurende die Holocaust – nie net mans nie. Ek hoop die Gelykheidshof voldoen aan al die versoeke van die applikante. Vroue is nie tweedehandse burgers in SA nie.

Ronel Oberholzer onderaan Tim du Plessis se rubriek “Breyten help om raserny te stuit”: 

Dis hoogtyd om rasioneel te redeneer oor dringende kwessies, allermins om nog nuwe vure van onverdraagsaamheid te stook.

Meer oor:  Breyten Breytenbach  |  Taaldebat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.