Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Koos Kombuis moet lees wat skryf Mödler

Ek ken (dr.) Heinz Mödler redelik goed en ons was by die bekendstelling van sy boek . . . en daar was dagga. Hy het daar sy eie standpunt oor dagga baie genuanseerd uiteengesit, soos dan ook in die boek weerspieël word. Ook oor sy eie geskiedenis met dagga.

Ek was daarom baie verbaas om in Koos Kombuis se resensie (21.10) oor dié publikasie te lees van “die skrywer” wat in die laaste hoofstuk sy eie geskiedenis oopmaak met die kruid – en dan skryf: “Dagga het vir my ’n ou bekende vriend geword . . . ens.” As Kombuis noukeuriger gelees het, sou hy gesien het Mödler stel in dié hoofstuk van “Anekdotes” ander stemme aan die woord. Die woorde behoort aan “ ’n sielkundige” en is nie sy eie nie.

Dit lyk my die plantjie kan ’n mens deurmekaar maak. Maar ek glo Kombuis sal graag om verskoning vra as hy sy blaps agterkom. Ek dink die boek sit ’n mens op meer as een vlak aan die dink. Die skrywer het baie navorsing gedoen en dit reggekry om baie slim deur alles heen te maneuvreer.

Meer oor:  Heinz Mödler  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.