Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Koos Kombuis, ons salueer jou!

Ná als wat ons moes deurgaan in 2020, en met die virus wat nou behoorlik vastrapplek gekry het, het ek regtigwaar gehoop ons kan uitsien na possakke vol positiewe briewe in Die Burger. Ek is egter al vroeg in die jaar ontnugter met Johan Wepener se gifpen (06.01).

’n Briljante leesstuk van Koos Kombuis (02.01) word skielik heel anders geïnterpreteer, en nou word die arme Kombuis deur hom uitgekryt as iemand wat kwansuis “wys waar hy polities staan” en nou vir die ANC stem. Dit terwyl Kombuis sy lekkerlees-artikel afskop deur ons president “die hoof van die suksesvolste misdaadsindikaat in die geskiedenis van Suid-Afrika” en “die leier van ’n verkrummelde en onstabiele politieke party” te noem.

Hierdie is natuurlik die ANC waarvan Kombuis praat en waaroor Wepener gal braak oor hy van mening is Kombuis besig is om die regerende party op te hemel.

Al wat Kombuis gedoen het, is om te beaam wat die meeste nugterdenkendes mee sal saamstem – dat pres. Cyril Ramaphosa ons sover op bekwame wyse bygestaan het deur hierdie verskriklike pandemie. Hy voeg egter by dat hy nog nie seker is of hy ons president heeltemal kan vertrou nie. Hy is dan verder, soos die meeste van ons, bitter bly dat “Knopkop Zuma” nie meer in die Uniegebou werksaam is nie. Ons afgetrede popster gaan dan voort om verskeie van die regerende party se flaters uit te wys.

Hy steun dus wel ons president en is, weer soos baie van ons, ontnugter deur die leierskap van Helen Zille en John Steenhuisen, en maak dit dan duidelik dat hy weens hierdie twee leiers nie vir die DA stem nie. Miskien is dit daaroor dat Kombuis vir Wepener so warm onder die kraag het. Dit lyk of Wepener net wil lees en interpreteer wat en soos hy wil.

Kombuis kan gerus aangaan om ’n afgetrede popster te wees en aangaan om ons te vermaak met sy heerlike, ligte, neutrale artikels. Dit is immers die medisyne wat ons nou so baie nodig het in hierdie verskriklike tye waarin ons leef. Koos, ons salueer jou! Vir wie jy ook stem.

  • Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.
Meer oor:  Koos Kombuis  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.