Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kosbedryf krimp soos sampioen in pan

My dank aan prof. Johannes Froneman vir sy insiggewende rubriek oor Statistieke Suid-Afrika (“SSA-seepbel wil-wil ook bars”, 09.12).

Dit laat my terugdink aan my dae by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se Voedselnavorsingsinstituut in die 1970’s en vroeë 1980’s.

My gevolgtrekking is dat terwyl die staatsopset soos ’n seepbel al hoe groter geword het, ons plaaslike kosbedryf al hoe meer soos ’n sampioen in ’n warm pan gekrimp het.

My afdeling het onder meer projekte namens die Suid-Afrikaanse suikerbedryf onderneem. Tóé al het ek dikwels gevind dat die beskikbare statistieke redelik karig en opper­vlak­kig was, veral wanneer ’n mens dit met die geweldig gedetailleerde statistieke oor Ame­rika se suikerbedryf vergelyk het.

Iemand wat ek van die Afrikaanse Hoër Seunskool geken het en wat by die Amerikaanse ambassade hier in Pretoria gewerk het, was dikwels heel behulpsaam met die verskaf van inligting.

In navorsing vir my doktorsgraadstudie het ek gesukkel om betroubaar statistiese inligting oor die plaaslike kos­bedryfstak te kry.

Soos Froneman meld, het die Sentrale Statistiekdiens (SSD) maar beperkte infrastruktuur gehad.

Daarby was sakeondernemings ook maar traag om statistiese inligting te verskaf.

My seun werk vandag vir ’n logistieke onderneming wat al die rou produkte aan een van die grootste kitskosbemarkers moet voorsien.

Hy is geskok oor hoeveel van die benodigdhede ingevoer en soms selfs ingevlieg moet word. Heelwat gebakte produkte en souse is gewoon nie plaaslik beskikbaar nie.

Daarbenewens vind hy dat die regte gehalte, op die regte tyd en plek, ook soms problematies is.

Arbeidsoptrede is meestal vir hierdie toedrag van sake verantwoordelik.

My gevolgtrekking is dat terwyl die staatsopset soos ’n seepbel al hoe groter geword het, ons plaaslike kosbedryf al hoe meer soos ’n sampioen in ’n warm pan gekrimp het.

Meer oor:  Mystem  |  Johannes Froneman  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.