Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kovsies se Eckhard Binding is ’n man met ‘guts’

Teen dié tyd is Eckhard Binding (21) seker oorweldig deur die ondersteuning en respek van almal op Facebook nadat die video waarin hy vullis optel, terwyl betogers dit keer op keer uitgooi, soos ’n veldbrand versprei het.

Eckhard , wat jy gedoen het, was betaamlik. Maar nog meer: Wat jy gedoen het, het moed geverg. Jy het, eiehandig en terwyl ander vir jou lag, gewys wat ons as Suid-Afrikaners behoort te wees, in die aangesig van wat ons nie behoort te wees nie.

Dis nooit ’n gewilde posisie om jouself in te bevind nie: Die ou wat optel, regmaak en bou terwyl ander verdeel, vernietig en afbreek.

Hoe ongewild dit dalk op daardie oomblik gevoel het, ek vermoed die oorweldigende meerderheid van Kovsiestudente is in hul harte soos jy. En as ek kyk na die kommentare op Facebook, vermoed ek die oorweldigende meerderheid van Suid-Afrikaners is ook só.

Die probleem is: Dis altyd die goeie Suid-Afrikaners wat stilbly en aangaan om te probeer bou terwyl klein groepies met groot lawaai alles doen om dit te keer.

Die feit dat hulle gedink het hulle verneder jou, is ’n weer­spieëling van wie hulle is, nie van wie jy is nie. Want vandag is jy die enigste een in daardie video wat werklik die wêreld in die oë kan kyk.

Ek het baie respek vir jou.

Jy het my trots gemaak om ’n Kovsie te wees en jy het my hoop gegee vir ons land, midde-in ’n verkiesingsveldtog waar mense uit hul pad gaan om ons land te verdeel.

Daardie betaamlikheid oorskry geslag, taal, ras en status.

Dis mense soos jy, uit alle agtergronde, wat ons land bymekaarhou, gaan bou en, ek hoop, eendag gaan lei.

So, gaan voort om te bou terwyl ander breek, hoe moeilik dit ook al soms gaan raak, en onthou: Die belangrikste ding wat ons ooit kan bou, is brûe tussen mekaar.

Ek het baie respek vir ’n man met “guts” soos Eckhard. Hy laat nie, soos baie ander, oor hom loop nie. Met sulke jongmense het ek nie vrees vir die toekoms nie.

Eckhard se trots is verdien, nie ge-“demand” nie.

Respek vir Eckhard Binding. Met mense soos jy sal ons land kan voortbeweeg.

Meer oor:  Eckhard Binding  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.