Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kramer se weiering ’n bitter pil vir Afrikaners

Pat Nel, Rooihuiskraal, skryf:

Ek verwys na die berig oor David Kramer wat ’n geleentheid boikot omdat Steve Hofmeyr daar optree.

Ek kon nie glo dat Kramer soos ’n klein seuntjie sou optree nie.

Met sy optrede het hy vir alle Afrikaanssprekendes wat deur die jare sy plate en CD’s gekoop het en hom tydens optredes ondersteun, bewys dat hy vere voel vir veral die ondersteuning van wit Afrikaanssprekendes – nieteenstaande die feit dat ons geld goed genoeg was om sy koffers mee te vul.

Ons almal weet waarvoor Steve Hofmeyr staan. Vir die bruin mense het Allan Hendrickse en deesdae Peter Marais presies dieselfde gedoen en hulle stemme dik gemaak vir die regte van die bruin bevolking. Probeer Steve nie presies dieselfde vir wit mense doen nie?

Kramer moet sy prioriteite begin regkry. Sy weiering om die prys vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek te ontvang is ’n klap in die gesig van enige wit Afrikaanssprekende wat hom deur die jare ondersteun het.

Die feit dat Kramer nie eens vir kommentaar beskikbaar is nie, wys maar net dat hy ’n verskuilde agenda het en nie Hofmeyr nie.

Reinhold Swart, Stellenryk, skryf:

Dit is ’n riem onder my ou boerehart dat David Kramer sterk standpunt ingeneem het teen ’n medekunstenaar wat met ’n “verskuilde agenda” hom beywer vir die reg en geleentheid vir al sy mense om in vriendskap, vrede en veiligheid hul vaderland te kan bewoon.

Ek glo hierdie liedjieskrywer moet nou ook sy staal wys en op ’n aanvaarbare wyse ’n slag in diens van sy mense optree, mense wat hom verryk het deur getrou sy konserte en musiekspele by te woon, sy CD’s te koop en wat selfs sy immigrant-oupa Karabelnik in liefde in Suid-Afrika ontvang het. David wat vrylik toegang het tot die seepkissie op die markplein, kan gerus hierdie openbare podium benut om die internasionale wêreld bewus te maak van die leiding en onderdrukking van sy volk, soos wat hy Distrik Ses internasionaal op die kaart geplaas het.

Die Ingelsman kan selfs weer ou treffers in so ’n produksie inspan: “Hier hang die foto’s in die Royal Hotel / almal vermoor, ek was almal se pel / Luister ou vrind daar agter die bar / help my met nog so ’n ou grafskriffie daar!”

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  David Kramer  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.