Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kry balans tussen perke, ekonomie

Daar is verdiende lof vir pres. Cyril Ramaphosa en kie se pogings om die koronavirus hok te slaan. Almal is ook begaan oor die miljoene wat nie werk toe kan gaan nie: huishulpe, tuinwerkers, klerke, kassiere, kantoormense, en dies meer.

Dis baie maklik vir politieke en ander kommentators by groot maatskappye wat verseker is van ’n salaris aan die einde van die maand, om pleitbede te lewer dat niewerkendes steeds hul lone moet ontvang. Ons is ook dankbaar dat daar werkgewers is wat dié niewerkendes geldelik ondersteun en steeds hul lone/salarisse betaal. My probleem is egter die werkgewers wat geen inkomste het nie waaruit hulle niewerkendes kan betaal. En daar is derduisende sulke werkgewers. Hulle wil, maar hulle kan nie.

Nou ons pleidooi aan die owerheid: Ons ondersteun die inperkings, maar asseblief, probeer om balans te vind en die ekonomie ook aan die gang te hou.

Kyk weer na die beperkings. Is alles werklik nodig om die virus te keer? Ons kan tog nie ’n maand van vandag af sit in ’n land met derduisende bankrot werkgewers wat op hul beurt sit met miljoene inkomstelose werknemers nie. Sonder werkgewers met inkomstes sterf almal, koronavirus of te nie.

Meer oor:  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.