Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kry end met die kwotalawwigheid in sport

Volgens die berig “Kwotas van die baan” (23.05) is Norma Plummer, Suid-Afrika se ervare Australiese afrigter, toegelaat om ’n netbalgroep van 12 spelers te kies wat sy meen die beste is, sonder kwotavereistes. Vier “spelers van kleur” is in die groep, waaronder die kaptein.

Genoemde toegewing volg kort op die hakke van die berig dat die keurkomitee en die afrigter, Ottis Gibson, sonder kwotas die krieketspan kon kies om Suid-Afrika in die Wêreldbeker te verteenwoordig.

Die tyd is ryp om weg te doen met die ongewilde kwotastelsel, beginnende by die keuse van die Springbok-rugbyspan vir die Wêreldbeker, waar die swaard van 50% gekleurdes nog oor die kop van Rassie Erasmus hang.

Dit behoort ook verder uitgebrei te word na die laer vlakke van die verskillende spansporte. Om net twee gevalle te noem: In krieket moet ’n franchise se span van 11 spelers ses spelers van kleur hê, waarvan drie etnies swart moet wees! Verder word unies in rugby verplig om Cravenweek- en Akademiespanne volgens kwotas te kies en ook voorgeskryf hoeveel gekleurdes in ’n wedstryd moet speel!

Die tragedie is dus dat Grey se eerste rugbyspan, die beste skolespan in die land, grootliks die Vrystaatse Cravenweekspan behoort te vorm, maar weens kwotavereistes afgewater word en dus lanklaas bo geëindig het tydens die jaarlikse Cravenweek.

Daar is genoeg bewyse dat ’n gekleurde speler gekies sal word as hy op standaard is, soos die Springbok-sewes. Kry dus end met die kwotalawwigheid, want dit is nadelig vir spankultuur en boonop onopvoedkundig.

Meer oor:  My Stem  |  Kwotas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.