Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kry krag van elders vir doring in jou vlees

Is die doring in jou vlees dalk hoogmoed waarvan jy hierdie jaar ontslae wil raak?

Dit klink na ’n goeie voorneme, maar vergeet daarvan. Moenie eers daaroor bid nie.

Jy is eenmaal sleg gebore en gaan met hoogmoed en al graf toe. Jy kan nie jou gene verander nie.

Wat nou? Een ding: Moenie jou swakhede aanvaar nie. Moet ook nie daarteen baklei nie. Jy gaan weer verloor.

Kry jou krag elders. Daniël was totaal hulpeloos toe hy tussen die leeus beland het.

Maar sy swakheid het sy roem geword. Genade het dit gedoen.

Christus doen dit vandag nog. Dit glo jy. Lééf dit ook uit. “Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut!”

’n Wonderlike 2019 ook aan al Volksblad se nommereen-werkers en dank vir ’n uitsonderlike nuusblad!

Meer oor:  Krag  |  My Stem  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.