Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
KSA moet hom nie vroom hou oor Olivier

Krieket Suid-Afrika (KSA) moet hom nie vroom en onskuldig hou omdat Duanne Olivier ’n Kolpak-kontrak aanvaar het nie.

Soos in die geval van onder andere Kyle Abbott het KSA met hom ook klimtol gespeel.

As Lungi Ngidi en Vernon Philander nie met die aanvang van die somer beseer was nie, sou hy glad nie gespeel het nie.

Selfs met ’n tweejaarkontrak sou hy – met dié twee in die omtrek – nie veel gespeel het nie.

Ek het dit baie gesê en ek sê dit weer: Alle wit seuns wat dink hulle het ’n toekoms in beroepsport het, skryf jou gr. 12-eksamen, gaan dadelik oorsee en ding mee waar jy na verdienste oorweeg word.

Kyk wat het Kevin Pietersen met so ’n stap bereik. Daar is ook die suksesverhaal van CJ Stander, wat dit gou genoeg besef het.

Gaan kyk maar hoeveel keer is Olivier sedert laerskoolkrieket nie in spanne gekies nie as gevolg van die kwotastelsel. Genoeg is genoeg.

Meer oor:  Duanne Olivier  |  Ksa  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.