Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
‘Kulturele revolusie’ ’n dekmantel

Denis Venter se artikel “ ’n Stryd om kritiese denke” (05.10) verwys. Die “kulturele revolusie” waaroor hy dit het, het ’n naam – sekularisme.

Dit deel kenmerke met die Christelike evangelie: dis ekspansionisties (missionêr) en lewens- en werklikheidsomvattend. Daar is egter belangrike verskille. Die grootste waardes van die Christendom is die uitlewing van liefde, en die bestaan van ’n absolute onveranderlike waarheid.

Sekularisme, in die nastreef van sy missionêre aard, het net een waarde – die mens is outonoom en bepaal self wat goed en reg en waar is.

Die wapens van sekularisme is die oorheersing van kommunikasiemiddele, wat Christelike waardes aftakel en as belaglik voorstel en die mislukkings van Christene uitbasuin.

Die tweede wapen is die opvoedingstelsel, waardeur geskiedenis herskryf, waarheid self bepaal (dis relatief), en logika ontmoedig word.

Ek hoop lesers (en die redaksielede van Die Burger) lees die artikel aandagtig.

Meer oor:  Christenskap  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.