Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kunstefees eerder vermaaklik-heidsfees?

Die hele opset van die Vrystaat Kunstefees is te dik vir ’n daalder. Daar is 1 000 deelnemers in meer as 300 aanbiedings. Almal wil hul vaardigheid, bekwaamheid en behendigheid daar beproef.

Daar is opvoerings, literatuuraanbiedings, kunsuitstallings, fynproewerkosaanbieders, tienertoneelspelers, klassieke musiek, gespreksreekse, beroepsdansers, praatjies, skaak, kunsflieks, noem maar op. Dit lyk na ’n potpourri soos van gegeurde gedroogte blomblare. Of is dit sommer net ’n brousel van algemene talent wat wil afwys?

Dit gaan hier om ’n bepaalde kunsbeskouing. Dit wil voorkom asof die Vrystaat Kunstefees op die grondslag van ’n soort verskeidenheidskonsert berus waar die grens tussen professionaliteit en banaliteit nie ewe goed onderskei kan word nie. Daar is regtig ’n groot aantal “nommers” op die fees wat sekerlik nie elitisties is nie, maar meer dui op ’n ordinêre Afrikanermentaliteit.

Kuns het met verfyndheid te doen, met edelmetaal. En watter waarde die Vrystaat Kunstefees ook mag hê, behoort die benaming te verander. Wat van “Vrystaat Vermaaklikheidsfees”.

Meer oor:  My Stem  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.