Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kyk liewer na dié wat SA verwoes

Ek wil nie in ’n koerant-debat betrokke raak nie, maar Charl Adams takseer my heeltemal verkeerd en Johann Maarman sprak geen sprook nie.

Al wat ek wou sê, is dat die Springbok-embleem niks met apartheid te doen gehad het nie.

En terloops, al is ek ’n Afrikaanssprekende het ek dit 25 jaar gelede, en voor dit, moeilik gevind om myself met die titel van “Afrikaner” te vereenselwig, want ek het myself wysgemaak dat ’n Afrikaner ’n apartheids- en NP-ondersteuner en ’n rassis is.

Ek en my nabye Blomerus-familie was teen apartheid gekant en ek het nooit vir die NP gestem nie, behalwe in 1994 toe ek gevoel het dat ek die bruin en wit mense in die steek sal laat as ek vir die ANC stem!

Die Springbok-embleem, “Die Stem” en die ou landsvlag verteenwoordig na my mening nie wit rassiste nie en het ook niks met kolonialisme te doen nie. Ek het nou wel nie op aandag gestaan wanneer “Die Stem” gesing is nie, want ons staan nie eens meer altyd op in die kerk wanneer gebid en tot eer van God gesing word nie.

Mnr. Adams (en Maarman), seker ongeveer 97% van Suid-Afrika se bevolking is ordentlike mense met wie ek kan en wil saamleef. Hoekom maak julle nie liewer beswaar teen die ander ongeveer 3% wat ons land en sy mense verwoes deur te roof, steel, verkrag, vermoor en voertuie en geboue afbrand nie! Of is dit vir julle belangriker om oor die Springbok-embleem te kibbel?

Ek het in 1992 “ja” gestem om my deel by te dra om apartheid te laat end kry, maar is mislei deur die NP en ANC wat vir my vertel het dat ons ’n demokratiese regering gaan kry, en nou beheer seker 3% van die bevolking die land met hul stakings en protesoptogte!

Meer oor:  Johann Maarman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.