Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kyk met albei oë na rassisme in die land

Die hof het ’n voorbeeld gemaak van Vicki Momberg oor haar rassistiese uitlatings.

Die vraag is of hierdie voorbeeld in die toekoms nagevolg en regverdig toegepas gaan word.

Dit help nie om rassisme en mense se optrede teenoor mekaar met een oog te bekyk nie.

Kyk met albei oë, sonder om kant te kies en pas die wetgewing regverdig toe.

In hierdie stadium word dit nie gedoen nie.

Momberg is streng gestraf omdat sy krutaal gebruik het. Die Malema-soort gebruik baie keer gewelddadige taal wat van rassisme stink, maar daaroor word die oë toegeknyp.

Plaasaanvalle en -moorde is dikwels rassisme in die ergste graad, maar die regering en die samelewing steur hulle nie veel daaraan nie.

Momberg het drie jaar tronkstraf gekry, maar ander rassiste bly op vrye voet en gaan voort met hul uitlatings en dade. Van hulle verdien baie jare in ’n tronksel. Hulle moet ook dringend aangekla en gestraf word.

As regverdigheid toegepas word, sal ons die Momberg-voorbeeld verstaan en aanvaar.

Meer oor:  Vicki Momberg  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.