SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
My Stem
Kyk mooi waarmee ANC besig is

Jean-Claude Arnault was in November 2017 aangekla van aanranding van 18 vroue. Arnault, ‘n bekende kultuur-figuur met bande wat hom koppel aan aan die Sweedse akademie, se beweerde dade dade het daartoe gelei  dat baie vroue hul werk uit protes verlaat het en dit het gelei tot die kanselasie van die (toekenning van die) Nobelprys vir Letterkunde in 2018.

 

Volgens die tydskrif Time (08.10.2018) het Arnault skuld ontken en hy is tans in die hof op aanklag van verkragting. Hy het onskuldig gepleit.

 

Dis ‘n bekende prentjie wat ook by seksoortreders elders gereeld voorkom. Gelukkig kan hulle in die meeste gevalle nie die beloop van die reg vryspring nie.

 

Die ANC beweeg ook op gevaarlike terrein as hy die geloofsake van mense in die land so trompop met wetgewing wil aanvat.

Die skandelike gebeure het plaasgevind in ‘n land met baie liberale waardes t.o.v. die mens wat sy seksualiteit mag uitleef, asook ‘n land wat een van die vier lande is waar die “nuwe omvattende seksopvoeding wat vir ons skole beplan word”, reeds toegepas word. Daar is bevind dat “hoewel dit aanvanklik voorgekom het as ‘n onskuldig en selfs ‘n goeie idee” dat dit in werklikheid  ‘n heeltemal ander en onderduimse agenda  het, nl. radikale seksualisering van kinders deur onder meer eksplisiete uitbeeldings wat hoërisiko-seksgedrag as gesond en normaal uitbeeld.

 

In hierdie verband is die volgende verklaring deur die Amerikaanse Kollege van Pediaters betekenisvol: “Omvattende seksopvoeding gaan baie verder as blote seksopvoeding en is ‘n gevaarlike aanslag op die gesondheid en onskuld van kinders”(Augustus 2018).

 

Ons kan nie seker wees  waarvan pres. Cyril Ramaphosa praat as hy sê “Mense met ‘argaïese oortuigings’ wat gekant is teen wettiging van sekswerk moet oortuig word om hul siening te verander.”(02.11)

 

Hoe gaan hulle oortuig word? Deur (onder meer) die nuwe radikale seksonderrigprogram wat nou by skole ingestel gaan word?

 

Die ANC beweeg ook op gevaarlike terrein as hy die geloofsake van mense in die land so trompop met wetgewing wil aanvat.

 

As ek die ANC is, sal ek dit onverwyld doen, want daar is baie gelowiges van verskillende ras of kleur in die land wat hierdie saak goed gaan dophou – en ek sal nie met sulke belangrike sake in die lewe van mense in die land “mors” in die lig van die verkiesing wat net om die draai is nie.

Meer oor:  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.