Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kyk wat het kommunisme gedoen

In haar artikel “Kapitalisme: Te veel of te min?” (14.01) haal prof. Amanda Gouws verskillende skrywers aan wat beweer dat die “krisisse gebruik kan word om neoliberale kapitalisme-beleide te bevorder” wat sekeres bevoordeel, maar ook tot nadeel van andere, die “oortolliges”, kan wees.

As voorbeelde noem sy 9/11 en die teregstelling van genl.maj. Kassem Soleimani van Iran. Sy hoef egter nie so ver na voorbeelde van sulke “krisisse” te gaan soek nie. Die ANC/SAKP en hul “comrades” het voor 1994 en daarna vir talle sulke “krisisse” gesorg om hul neo-kommunistiese “beleide” te bewimpel.

Noem maar op – Eskom, Yskor, Sasol, Krygkor, Sanral, Transnet, SAL, onderwys, NGV, ens. Die kersie op hul koek is “onteiening sonder vergoeding”.

Neo-liberale kommunisme is veel erger as neoliberale kapitalisme. Kyk maar net na Hongkong, Venezuela, Zimbabwe, die res van Afrika en hier om ons.

Meer oor:  Amanda Gouws  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.