Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Kyk weer na skaliegas

Graag wil ek iets oor skaliegasontgining in die droë Karoo aanraak, nie as kenner nie, maar as leek wat ook maar net  mening wil lig.

Dit het tans baie stil geword in verband met hierdie planne. So ver ek kan onthou,  was dit tog regeringsoorweging dat hierdie soort ontwikkeling baie meer voordele inhou as nadele. Nie een van die standpunte was oortuigend nie.

Ek is ook ˆn boorling van die Karoo en ry nog so nou en dan daarheen om te sien hoe lyk dit, maar kon nog weining iets vind om lewe daar draaglik te maak.Tog gebeur daar nou iets  baie konkreet, namlik die beplannings fase van ˆn massiewe windplaas in daardie dorre  landstreek. Skielik is daar lewe met  tydelike kantore, pakhuise, masjiene, boorgate vir nodige water met reeds groen gras rondom die aangelegde perseel.

Nou wonder ek  maar as dit nie vir hierdie ontwikeling was nie, sou daar nooit lewe geskep gewees het.

Dit bring my die verskillende minerale ontwikelings  in Suid-Afrika, ook met sekere nadele, maar die voordele was verreweg oorheersend. Welstandskepping vir die land se ekonomie, werkskepping vir die bevolking en ondersteunende besighede kon verrys. As daar ook soveel teenkanting was, sou die hulpbronne nog steeds ondergronds gewees het. Dit het ook die wêreld verryk met die werking van minerale produkte wat uitvoer kon word.

Dis juis ontgining van grondstowwe wat Suid-Afrika bo-aan die lys van Afrika-lande geplaas het. 

Ek is van mening as daar bewyse is vir lonende ontwikkeling wat seker met redelike sekerheid bepaal kan word, of reeds bepaal is. Lat die ontwikkeling plaasvind. Nadele sal daar seker wees, maar ook voordele in oorvloed. Dit sal ook voorkom dat boerderye wat eintlik geen bestaan het nie, met alle mag en ongekende koste aangedryf moet word. Tans is daar enorme ongebraakte dele onbenut. Waarom nie  ontwikkel as dit die mense kan bevoordeel nie.

Skep lewe waar dit gedoen kan word.

Meer oor:  Skaliegas  |  Wolseley  |  Karoo  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.