Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Laat die vakbonde betaal

As die vakbonde hul sin wil kry, moet hulle daarvoor betaal.

As ’n onderneming probleme het omdat sy uitgawes te hoog is, moet personeelverminderings ongelukkig soms plaasvind. Dít mag volgens vakbonde nie in Suid-Afrika gebeur nie. Hier word daarop aangedring dat werkers nie verminder word nie. Veral in staatsinstansies mag dit nie plaasvind nie.

Die regering kan die opgeblase staatsdiens nie bekostig nie en die belastingbetaler moet betaal. Dieselfde geld by staatsbeheerde instansies soos Eskom, die SAL, Denel, die SAUK, ensovoorts.

Weer eens kry die vakbonde hul sin. Dis egter nie vir hul rekening nie; die belastingbetaler moet betaal.

Die regering het egter ’n handige spaarvarkie: die Staatsdienspensioenfonds, wat na willekeur beroof kan word. Omdat hierdie rooftog so suksesvol is, is dit nou al uitgebrei na die privaat sektor. Edcon was die begin.

Het dit nie tyd geword dat die vakbonde moet betaal as aan hul eise voldoen moet word nie? As die vakbonde die regering verplig om meer as 30 000 oortollige staatsamptenare in diens te hou, laat die vakbonde dan hul salarisse betaal. So ook by die staatsbeheerde en ander instansies.

Die vakbondparadys sal gou tot ’n einde kom as hulle die salarisrekenings kry.

Meer oor:  Durbanville  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.