Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Laat hulle sing, swem, skaak speel

Die onderwysdepartement se jongste plan om skaak op laerskool ’n verpligte vak of aktiwiteit te maak, is ’n blink idee.

Daar is genoeg navorsing beskikbaar om kinders se blootstelling aan skaak, reeds op ’n vroeë ouderdom, te regverdig. Aspekte wat onder meer deur skaak gestimuleer of versterk word, is kritiese – en abstrakte – denke, wiskunde, visualisering, lees en die vermoë om te fokus.

In ’n land waar daar soveel sonskyn en energie is, behoort alle kinders, en nie net ’n bevoorregte minderheid in die stede nie, toegang tot ’n swembad of swemplek te hê.

’n Aktiwiteit wat deesdae baie afgeskeep word en wat maklik in elke skool ingestel kan word, is sang. Daar is sekerlik nie ’n skool in ons land waar daar nie minstens een onderwyser is wat die voortou in ’n sangperiode kan neem nie. Slegs een periode per week kan afgesonder word waar al die kinders in die saal, of selfs onder ’n boom, kan saamsing. ’n Musiekinstrument is nie eens noodwendig ’n voorvereiste om ’n sangperiode suksesvol te maak nie.

So ’n periode is ook die ideale geleentheid om brûe oor taal- en kultuurgrense heen te bou en kan baie bydra om inhibisies, vooroordele en stereotipes af te breek.

Swem is ook ’n aktiwiteit wat baie afgeskeep word en wat eintlik deel van die skoolkurrikulum behoort te wees; veral in ’n land waar soveel kinders en selfs studente jaarliks verdrink omdat hulle nie kan swem nie. Omtrent elke dorp in ons land beskik oor ’n munisipale swembad. Ongelukkig het baie van die swembaddens in onbruik geraak, aangesien die nodige instandhouding nie gedoen is nie. Munisi-pale owerhede en die onderwys-departement kan dalk hande vat en die swembaddens herstel sodat almal in die gemeenskap daarby kan baat vind.

In ons kusdorpe is daar getypoele en op die platteland is daar plaasdamme wat heeltemal geskik is om kinders te leer swem en water te geniet.

In ’n land waar daar soveel sonskyn en energie is, behoort alle kinders, en nie net ’n bevoorregte minderheid in die stede nie, toegang tot ’n swembad of swemplek te hê.

Meer oor:  Swem  |  Mystem  |  Briewe  |  Skaak  |  Onderwysdepartement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.