Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Laat ons in mekaar se erfenis deel

Baie dankie, Cornelia, vir jou mooi artikel oor “Ons gedeelde erfenis” (29.09). Ek wil net laat weet dat ek glo daar is baie mense soos ek wat graag met ’n ander niggie (want my liewe vrou is reeds oorlede) in volkspeledrag op ’n wynetiket wil verskyn, elkeen met ’n glas wyn in die hand!

Ek dink dis ’n wonderlike idee en enigiemand wat daaroor ’n kabaal wil opskop, moet maar skryf!

Ek is ’n baie trotse Afrikaner en dié wat nie trots is op die fantastiese wyne wat ons hier in die Kaap maak nie en ook nie van ons FAK se musiek hou nie, kan gerus ook maar skryf.

’n Mens moet trots wees op wie en wat jy is, en baie bevoorreg voel dat jy ’n wyndrinker van formaat is en deur die mense raakgesien word. Onthou, die eerste wonderwerk van die Here was om water in wyn te verander, en hoekom? Sodat die gaste meer kon drink en die troue nog meer kon geniet!

As dit nie vir die buitelanders was wat ’n draai in Suid Afrika kom maak het nie, het ons nooit wyndruiwe hier geplant wat ons lewe so wonderlik verander het nie! Alles wat deel van ’n mens se erfenis is, moet behoue bly sodat die kinders ná jou daaruit kan leer wat goed is en wat kwaad is.

Dit is hoe die lewe in die hele wêreld werk.

Los almal se beelde, rotstekeninge, geskiedenis en musiek sodat ons almal in dié mooi land dit kan ervaar en daaruit kan leer om ’n beter nasie as Suid-Afrikaners te word! Gesondheid!

Meer oor:  My Stem  |  Erfenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.