Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Land se mense smag na sulke mooi stories

Dit tref my oor die laaste paar dae hoe die mooi storie van ds. Henk Calitz van die Hervormde gemeente in Carletonville, wat by ’n padversperring tussen Parys en Fochville deur die polisie gevra is om vir hulle te bid, met spoed deur die land vertel is.

Ons volkie, in hierdie moeilike dae, smag na goeie nuus en is omring deur slegte tydings en fop­nuus. Toe dink ek sommer, hoe sal dit wees om een hele bladsy in die koerant elke dag in die grendeltyd te wy uitsluitlik aan goeie nuus en mooi stories soos dié van die polisie en die dominee? Watter effek sal dit op ons as lesers hê om die oggendkoerant oop te blaai en die dag met iets opbeurends, motiverend en waar te begin?

Ek is seker lesers sal graag sulke gebeure instuur.

Dis die klein dingetjies in die lewe wat saak maak. Ek ken Henk Calitz van universiteitsdae af. Hy het nog altyd ’n hart vir mense gehad.

Meer oor:  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.