Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Landbou se vriend het ook gravitas

In sy rubriek “Verenig kan ons berge versit” (20.11), verduidelik Christo van der Rheede die belangrike rol van Afrikaners in die land.

Internasionaal staan Afrikaners nie terug vir enige ander taalgroep nie.

Hoewel ek as natuurwetenskaplike nie heeltemal met sy term “Afrikaanse ekosisteem” saamstem nie, maak hy doeltreffend die punt dat ons deur die opbou van netwerke en onderlinge samewerking steeds veel kan bereik.

Terwyl ek met my rooibostee en beskuit sy artikel oordink, kom sy stem oor RSG se Monitor. Hy vertel in redelike detail hoe swaar die boerderygemeenskap tans kry.

Enigeen wat daarna geluister het, voel sekerlik die behoefte om deur Agri SA ’n skenking aan droogtehulp te maak.

Hy eindig met ’n aanmaning aan die re­gering dat die ondergrawing van landbou en boere gestaak moet word. Voedselsekerheid word daardeur bedreig.

Ek wil Van der Rheede gelukwens met sy kritiese denke en dat hy so wel ter tale is. Dis ’n plesier om sy artikels te lees en na hom te luister.

Meer oor:  Christo Van Der Rheede  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.