Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Lank lewe die charismatiese Bond, James Bond

Ek het geweet die nuus van die afsterwe van Thomas Sean Connery, beter bekend as die lang en lenige bruinoog, magnetiese James Bond – sekerlik die mees charismatiese Britse geheimediens-agent in die 007-flieks – sou my en vele ander met ’n traan laat.

Dié akteur wat as jongeling sy geld as ’n melkman in Edinburg verdien het en ook ’n weermag-arbeider, kispoleerder en ’n kunsmodel by die Edinburg-kunskollege was, het selfs in voetbal geskitter.

Dit was 1962 en Bloemfontein se fliekgangers was hoogs opgewonde. Dr. No, die eerste fliek waarin Sean Connery die rol van die betowerende Britse spioen van Haar Koninklike Majesteit vertolk het en meisies se harte vinniger laat klop het, het by die ou Ritz-teater in Bloemfontein gewys. Kaartjies het gevlieg. Ek en twee sussies het so derde van voor gesit-lê en kon dus vir James Bond van naby sien.

In 1987 vertolk Sean Connery die uitstaande rol van die Ierse polisieman Jimmy Malone.

Hy kry ook sy eerste Oscar as byspeler in The Untouchables. Tot vandag onthou ek sy sterwenswoorde in dié fliek: “What are you prepared to do?

Dit is ’n vraag wat ek myself menigmaal daarna gevra het onder moeilike omstandighede.

Sean Connery het nie net in vyf Bond-flieks sy lyf geheime agent gehou nie.

Sy karakterrolle as bejaarde het sy talent as Skotse akteur opnuut bevestig.

Op 90 het sir Sean Connery sy vol lewe verlaat.

Daar is gewis hartseer ná die afsterwe van dié eens briljante akteur wat betower het en die silwerdoek soveel glans gegee het.

Ek kry WhatsApp-boodskappe soos “Ons liewe 007 is oorlede” en “Dis hartseer dat Sean Connery oorlede is. Hy was handsome tot op die laaste”.

Die Evasgeslag en andere gun hom sy laaste rus.

Lank lewe Bond, James Bond.

Meer oor:  Sean Connery  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.