Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Lê antwoord nie liewer hierin?

Christo van der Rheede beskryf hoe ons almal in dieselfde bootjie is, ’n diverse groep mense met dieselfde aspirasies en vrese (31.07).

Hy noem dat ons die vrugte pluk van “ ’n goed funksionerende regstaat waarin almal se regte veronderstel is om eerbiedig te word”. Dan stel hy voor dat alle Afrikaanssprekendes ’n groter rol kan speel in die skepping van ’n vreedsame en voorspoedige saambestaan in Suid-Afrika.

Hierteenoor skryf Gert van Niekerk (31.07) oor die haalbaarheid van selfbeskikking van die Wes-Kaap, waarby die meerderheid ’n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel. Sy mening dat ’n kopskuif van “nie onder ’n ANC-regering wil staan nie” nodig is vir selfbeskikking, is volgens my dalk te platvloers. Lê die antwoord nie liewer in ’n evaluering van Van der Rheede se stelling nie, naamlik ons oortuiging of ons wel, of nie, in ’n goed funksionerende regstaat woon waarin almal se regte eerbiedig word?

’n Positiewe gevoel oor self­beskikking moet dan nie as ’n paniekbevange staat van “Afrikaanssprekendes met bepaalde denkfoute” afgemaak word nie, maar as ’n meerderheid mense in ’n geografiese gebied wat vanweë marginalisering voel dat hul regte nie meer eerbiedig word nie. ’n Nierassige samelewing wat in harmonie saamleef, gelyke regte waarby die realisering van die individu se potensiaal nie bepaal word deur sy velpigment nie, is dan die strewe.

Selfbeskikking as opsie word al hoe sterker wanneer vreedsame saambestaan nie meer subjektief beleef word nie. Ek sou graag ook die opinie van Leopold Scholtz hieroor wou hoor.

Meer oor:  Christo Van Der Rheede  |  Briewe  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.