Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Leer die kinders wat op hulle wag

Die jongste skoolkurrikulum in lewensoriëntering verstom my. Miskien is ek net agter die klip of oningelig.

Dit is alles goed en wel om die kinders die verskil tussen vaginale, anale en orale seks te leer, maar wat my verbaas, is hoe min skoolverlaters die verskil tussen korttermynversekering en lewensversekering ken, en weet hoe pensioenfondse en beleggings werk.

Moenie eens praat van belasting nie.

Ek kan nog byvoeg: huurkope, huisverbande, mediese fondse en testamente, asook wat ’n munisipale rekening is en waarom dit betaal moet word.

Skoolverlaters het al by my vir werk aansoek gedoen, en dan ken hulle nie die verskil tussen ’n kwotasie, ’n afleweringsnota en ’n faktuur nie.

Was lewensoriëntering tot dusver suksesvol met die voorligting oor beskermde seks . . . as ’n mens na die bevolkingsontploffing kyk?

Miskien is dit die ouers se plig om hul kind van die blommetjies en die bytjies te leer, en die skool se plig om die kind te leer waarmee hulle onmiddellik ná skool te doen gaan kry as hulle nie verder gaan studeer nie.

Meer oor:  Carl Gersbach  |  Onderrig  |  Mystem  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.