Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Leerkrag se rol in wiskunde is gróót

Oor prof. Michael le Cordeur se artikel “Dink nuut oor wiskunde” (30.01): Ek is seker dat die professor en sy geleerde kollegas ’n deeg­like kursus sal kan saamstel wat onderwysers sal leer hoe om “wiskunde van meet af vir leerlinge interessant te maak en ’n liefde vir die vak te kweek”.

’n Kollega vertel my onlangs waarom hy/sy op ’n vroeë ouderdom al ’n weersin in wiskunde ontwikkel het.

Die leerkrag wat sy/haar wiskunde-onnie was, was ’n kettingroker, en was lief vir koffie.

Maar hy/sy was seker ’n goeie leerkrag, want toe die kind met ’n som sukkel en hulp vra, was die leerkrag dadelik by om hulp te verleen. Ongelukkig het die leerkrag se asem nie lekker geruik nie (as gevolg van die rook en koffie) en het dit tot gevolg gehad dat die kind nooit weer daarna ’n vraag in die wiskundeklas gevra het nie.

Voor dié gebeurtenis het hy/sy in wiskunde uitgeblink, maar toe belangstelling verloor.

As ’n mens ’n kursus saamstel om onderwysers te help om ’n liefde vir wiskunde by kinders te kweek, sal daar beslis ’n deel wees waar onderwysers gemaan word om nooit te raas met kinders wat sukkel nie, om simpatiek en geduldig te wees, ensovoorts.

Maar na aanleiding van my storie hier bo, sal ’n mens seker ook ander aspekte moet behandel.

Meer oor:  Mystem  |  Wiskunde  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.