Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Leerlinge móét gevolge dra

Oor Annelie Botes se Goeiemôre “Sout wat laf geword het, is onbruikbaar” (26.04):

Ja, die boompie (kind) moet kleintyd gebuig word vir broodnodige dissipline.

As maatskaplike werker in skole het ek van 1995 tot 2015 eerstehands ervaar hoe die dissipline verswak.

Aanvanklik is gedragsmoeilike kinders deur skole hanteer. Soos die probleme toe­geneem het in getalle en intensiteit, is evaluasies deur kundiges in multidissiplinêre panele gedoen. Verwysings na skole soos Rosenhof en Jimmie Roos het leerlinge uit skole verwyder en die leerkultuur is herstel.

Intussen is lyfstraf verbied. Kinders het openlik hul grense begin toets en gesagsfigure uitgetart. Hulle het nie gehuiwer om onderwysers en ouers met die polisie te dreig as hulle vasgevat is nie.

Wanfunksionele gesinne maak kinders ook ontvanklik vir dwelms en bendes. Ongelukkig is kinders uit gegoede huise met ’n pa en ma ook deel van die probleem.

Van ons beste onderwysers verloor lank reeds die stryd teen ’n stortvloed van ongedissiplineerde, rebelse en uitdagende leerlinge. Kinders so jonk as gr. 3 dryf hul onderwysers teen die mure uit. Boonop hou ouers nou ook leerkragte verantwoordelik vir hul kinders se wangedrag.

Net gister hoor ek van twee onderwysers van dieselfde skool wat uit hul klasse ge­stap het. Hulle gaan verkoop liewer appels op straat as om hulle verder te laat verneder en vertrap.

Die grondwoord van “dissipline” is “dissipel”. Jesus kies 12 manne en vorm hulle deur liefde, respek en voorbeeld om Hom, en hul naaste, te dien.

Die gebrek aan dissipline wat tans uitloop op geweld in skole, is ’n krisis.

Bring godsdiens terug in skole, laat die departement onderwysers ondersteun en laat leerlinge die gevolge dra van hul swak gedrag.

Ons sit reeds met ’n woud vol skewe bome.

Meer oor:  Annelie Botes  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.