Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Lees dít in tye van slegte nuus

Bladsye 14 en 15 van Die Burger van 29 Julie verdien om gebêre te word in hierdie tyd van aanhoudende strome van slegte nuus.

In 1995 het ek as ’n 60-jarige eerstejaartjie in sielkunde prof. Wilhelm Jordaan se Mens in konteks as ’n merkwaardige boek ervaar.

Aan die einde van Sielkunde III het ek ontdek dat ek daaruit die meeste van al die baie boeke geleer het omtrent die mens (met Viktor Frankl as die enigste mededinger).

Jordaan se bydrae oor die afskeid van sy Eva met haar hand in syne, is ’n aangrypende toepassing van die oneindige betekenis van konteks – daar waar dit saakmaak.

Nico Koopman se bydrae oor die hoop van die ewige lewe is ’n waardige teenvoeter vir die oorheersende swartgalligheid en hopeloosheid van die huidige konteks.

Dit maak ’n ander werklikheid oop.

In die woorde van ’n vriend: “Vanaf ’n hopelose einde na ’n eindelose hoop.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.