Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Leopold, dit was louter genot

Dankie Leopold Scholtz, vir 33 jaar se loutere genot om jou Sake van die Dag-rubrieke in Die Burger te kon lees. Soos alle goeie dinge, kom dit helaas ook nou tot ’n einde.

Jou insigte, jou unieke en diepgaande interpretasie van gebeure (plaaslik en internasionaal), jou deeglike navorsing, en jou unieke vermoë om sin te maak van wat op die wêreldverhoog gebeur, sal ons altyd bybly. Jy het volkome daarin geslaag om, soos jy dit self verwoord, jou rubriek “deurgaans ’n pleidooi vir rasionaliteit pleks van oordrewe emosie, vir beskaafdheid pleks van ’n geskel, vir genuanseerde denke pleks van ’n simplistiese benadering” te maak. Daarom was dit vir my telkens die hoogtepunt van die dag se koerant.

Ons gaan jou rubrieke, jou “konserwatiewe-liberalisme” en veral jou “militante gematigheid” mis. Alles van die beste, ou vriend.

N.s. In dieselfde gees, dankie en totsiens aan Barnie Louw wie se betrokkenheid – meestal onsigbaar – ook nou tot ’n einde gekom het.

Meer oor:  Leopold Scholtz  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.