Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
LESERSBRIEF: Hanteer bronne reg

Graag teken ek beswaar aan teen die feitefoute in die infografika in By getitel “Paasfees oor die jare” (20.04). Ek verwys na die stelling: “Paasfees het volgens geskrifte begin as ’n nie-Christelike fees wat die koms van die Lente en die godin Eostre gevier het. Hierdie fees is mettertyd oorgeneem deur Christene.”

My probleem lê nie in die feit dat sommige geskrifte dit wel sê nie – baie mense sê baie dinge – maar in die omgaan van die samesteller met die inhoud:

  • Die spesifieke teorie is bespiegelend en onwetenskaplik. As die samesteller net by die feite van sy bron, Wikipedia, gebly het, sou hy die bestaande kennis oor Paasfees kon weergee. Ek kan nie stawing vir sy stelling vind in sy ander bronne nie. Bronne moet reg hanteer en reg weer­gegee word. Die stuk dra die indruk dat dit gesaghebbende feite oordra.
  • Die feit dat die fees in Engels “Easter” genoem word, kan niks sê van die oorsprong daarvan of die be­tekenis daarvan in die res van die wêreld nie.

Die naam is uit en uit plaaslik en het honderde jare ná die oorsprong van die fees gekom.

Ál inligting wat oor Eostre bestaan is dat dit eers die naam van die maand was waarin (die baie Christelike) Paasfees in Engeland gevier is, en dat dié naam verwys het na ’n vorige oud-Engelse godin van wie ons verder niks weet nie.

Die maand se naam het op die fees oorgedra en dís ál wat ons weet – met ander woorde dit beskryf slegs die etimologie van die Engelse naam.

Die Christelike kerk het die tradisie van “Paasfees” (soos dit oor die wêreld genoem word, of ’n variant) getrou bewaar en ons weet dit staan veral op die Hebreeuse Pasga, in betekenis en simboliek. Dit was die heel eerste Christelike fees.

Koerante moet veral let op feite en bronne. Feite moet geweeg word. Om die ander kant van die saak te stel is ook goeie joernalistiek.

Moderne Christene is heeltemal oop vir kritiek en ons verstaan hoe feeste ontwikkel het en dat kruisbestuiwing vanuit die voor-Christelike kulture plaasgevind het.

Dis op sigself nie verkeerd of ontstellend nie. Ek vind egter die plasing van bespiegelende inligting soos hierdie oor Paasfees onsensitief.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Paasfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.