Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Lesufi moet herbesin oor uitlating

Dit gaan my verstand te bowe dat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, kan vra: Waarom nog veg vir Afrikaans?

Is dit uit blote onkunde, of is dit strategies daarop gerig om Afrikaans bloot as onbelangrik af te maak? Dit is erge diskriminasie teenoor Afrikaanssprekendes, ’n skending van menseregte en beslis ongrondwetlik!

Verder reken hy as jy “op Afrikaanse onderrig aandring, kelder jy die kinders”. Is hy bewus van die voordele van moedertaalonderrig en van die onnoembare skade vir kinders wat moedertaalonderrig ontsê word? Weet hy dat ’n kind wie se moedertaal goed vasgelê is, ’n tweede en derde taal vinnig bemeester?

Die ideaal is tog dat ons as Suid-Afrikaners meertalig moet wees. Waarom dus een taal in almal se kele wil afdwing? Dis geen geheim nie dat die skoolstelsel oor die laaste jare in absolute chaos verval het. So, byvoorbeeld, staan die lees- en skryfvaardighede van Suid-Afrikaanse gr. 3- en 6-leerders, volgens The Read shop – supporting Literacy today, op ’n skamele 39%. Beteken dit dan nie dat daar ernstige fout is met die taalbeleid van die nasionale onderwysdepartement nie? Moet daar dan nie uit die foute van die verlede geleer word nie?

Bring moedertaalonderrig terug en bevorder leerlingprestasie daardeur! Ons wil dan juis leerlinge aanmoedig om sakekenners en wetenskaplikes te word. Dit gaan ’n mens se verstand te bowe dat die LUR kan dink dat dit sonder moedertaalonderrig moontlik sal wees.

Die mite dat Afrikaans aan ’n sekere “ras” behoort, wat die rede is dat daar teen Afrikaans gediskrimineer word, moet ontmasker word. Die SA sensussyfers dui op ’n toename in die getal eerstetaalsprekers van Afrikaans in al nege provinsies. Die SA Instituut vir Rasseverhoudinge dui aan dat ’n groeiende meerderheid “bruin” Afrikaanssprekendes is.

Die LUR sal moet herbesin oor sy uitlating. Hy sal moet besef dat die verlede agter ons is en ophou om Afrikaans as ’n “rassis” te beskou. Indien daar in belang van die leerlinge opgetree word, sal moedertaalonderrig bevorder word en nie teen Afrikaanssprekendes gediskrimineer word nie. Sulke uitlatings verdeel gemeenskappe en laat ’n wrang smaak in die mond.

Meer oor:  Mystem  |  Panyaza Lesufi  |  Uitlatings  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.