Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Lidmate moet selfondersoek doen

In die lig van verskeie menings oor die afname in lidmate van seker meeste van die kerke, wil ek net die volgende deurgee.

Ek en my vrou het ’n paar jaar gelede ook geworstel met “die dominee dit en die kerk dat” en gedink om so ’n bietjie andersheid by ander kerke te gaan soek. Ná selfondersoek het ons agtergekom dat ons self die probleem is, en het met ’n nuwe ingesteldheid kerk toe gegaan.

Die fokus was wat kan ons uit daardie dag se boodskap vir onsself neem, en, glo my, daar is altyd pitkos vir die siel.

Ons geniet ons kerkdienste, ongeag wie preek en hoe daardie persoon preek. Probeer dit, dit verander jou geestelike lewe.

Meer oor:  Ngk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.