Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Los al daardie ekstra vakke

Dirk Spangenberg, dis tragies dat jou dogter ondanks agt onderskeidings nie vir mediese studie gekeur is nie.

Die probleem, wat die meeste mense nie besef nie, is dat die twee ekstra onderskeidings niks tel as dit by keuring kom nie. Dit gaan oor wat haar punte in die kernvakke is.

My niggie in Australië het geweet dat sy ’n gemiddeld van 98% vir al haar vakke moes behaal om keuring vir medies te kry.

Daar word nie tyd gemors op bykomende vakke nie, maar net gekonsentreer daarop om 100% vir die normale ses vakke te behaal, wat bepaal of jy keuring gaan kry of nie.

Ouers benadeel hul kinders se kans op keuring deur hulle toe te laat om soveel bykomende vakke te neem.

Met die uitsondering van Alpha-wiskunde, is ek nie oortuig dat al die ekstra vakke in die beste belang van die kind is nie.

Uiteindelik tel al die ekstra vakke niks nie, behalwe vir die paar minute van roem in die koerante.

Dink eerder aan die groter prentjie.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Medies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.