Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Los die vooroordele oor AfriForum

Anton van Niekerk se brief “AfriForum wys sy ware kleure” en die berig, “AfriForum ‘polariseer samele­wing’ ” (15.05) het betrekking

Proff. Elmien du Plessis en Adam Habib is vinnig op hul perdjies oor AfriForum se buitelandse toer, maar is egter tjoepstil wanneer Julius Malema in die openbaar krete soos “kill the boer, kill the farmer” uiter.

Dít maak van hul “intellektuele” opinies eenvlerkige bevooroordeeldheid jeens AfriForum.

Wat is dié rasionaliteit en versoening waarna almal verwys in elk geval?

Wat laat enigiemand dink daar gaan rasionaliteit en versoening wees?

Ná 24 jaar bestaan dit steeds nie.

Ons land is deur vryheidspolitiek en nuwe bewindhebbers in 24 jaar op sy knieë gedwing deur korrupsie, onbekwaamheid en skeefgetrekte rasbeleid.

Vergeet die term “volksmoord” en vra julself die vraag: Is daar in die apartheid­era ooit soveel moorde gepleeg as vandag?

Daar is Louis Siemens, van Bloemfontein, verlede week soos ’n hond afgemaai omdat hy nie omkoopgeld wou betaal vir lisensies nie.

Hy is vermoor omdat hy die regte pad wou loop.

Waarom laat Du Plessis en Habib hulle nie daaroor uit nie?

Waarom laat hulle hulle nie uit oor wat werklik in dié land aan die gang is nie.

Hierdie moorde kom nie van gister af nie.

Dit is al jare lank aan die gang.

Wat presies verwag Du Plessis en Habib moet AfriForum nog hier plaaslik doen om dit te stuit?

Du Plessis se tafel-metafoor is al stukkend geskryf en deurgesit.

Die land bloei hom steeds dood.

Dis omdat mense soos Du Plessis en Habib in ’n pseudo-begrip van versoening vasgeval het.

En dan skrik hulle hulle wit as AfriForum iets aktiefs aan die werklikheid begin doen.

Meer oor:  Julius Malema  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.