Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Los e-tol en pak ander probleme

Die e-tolstelsel in Gauteng is ’n klaaglike mislukking, met nouliks 15% van die gebruikers van die tersaaklike paaie wat die tol betaal. Diegene wat wel betaal, is meestal vragkarweiers, koerierdienste en motorhuurfirmas.

Nou het Tito Mboweni, minister van finansies, sterk standpunt ingeneem oor die beginsel van “gebruiker betaal”. Dis nou ongeag daarvan dat die Gautengers reeds omtrent die helfte van die land se brandstofbelasting (en dus die brandstofheffing vir paaie) betaal.

As dit dan so ’n vaste vereiste is dat “die gebruiker betaal”, kan Mboweni begin by Soweto, wat krag direk van Eskom kry en die nasionale elektrisiteitsvoorsiener al R12 miljard skuld.

Mboweni, die liggies brand lustig in Soweto, en wie is in die knyp? Eskom.

Intussen was daar ook pas ’n berig oor ’n munisipaliteit in Noordwes waar 70% van die munisipale belastingpligtiges nie vir dienste betaal nie. Minister, sulke plekke het jou hulp dringend nodig.

Meer oor:  Lesersbrief  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.