Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Los geweld en leer kinders vrae vra

Erik Holm regverdig ’n verklaarde misdaad openlik in Terloops (23.10). Troetelnaampies soos “pak slae” versterk slegs mis­dadige denke onder ouers wat sy verwerplike siening deel.

Om geloofsterme soos “roede” en “tugtiging” subtiel in te sleep as regverdiging om kinders aan te rand, is soos bendelede wat “mooier” terme vir hul misdade het.

Talle studies het al onweerlegbaar bewys dat lyfstraf aan kinders die onderbewustelike boodskap gee dat geweld ’n oplossing vir probleme is. En dan wonder mense hoekom Suid-Afrika so gewelddadig is! As lyfstraf gewerk het, sou tronke nie oor­vol gewees het nie.

Die ironie is dat hy sy stuk afsluit met ’n storie van ’n kind wat ’n man spuug, die ma wat daaroor spog, en die volwasse man wat dan terugspuug. Geweld kweek geweld.

Ongedissiplineerde kinders se ouers weet nie hoe om dissipline korrek toe te pas nie. In werklik beskaafde lande sal geen mens enige spesifieke vorm van geweld soos lyfstraf goedpraat nie. Daarom is hul misdaadsyfers ’n honderdste van Suid-Afrika s’n.

Die grootste onreg wat ’n onbevoegde ouer sy kinders kan aandoen, is om hulle deur vrees vir geweld te ontmoedig om grense uit te daag en logiese antwoorde op vrae te eis
Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.