Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Los nou die US uit en vat pak soos ’n man

Die DA moet sy hande afhou van die Universiteit Stellenbosch. Dis ’n perd wat hy nie wil opsaal nie, want hy gaan sleg tweede kom.

Die US is vandag ’n tersiêre instansie met ’n inklusiewe etos en behoort aan almal.

Die DA word blykbaar gedryf deur ontgogelde mense vir wie dit dwars in die krop steek dat Afrikaans sy eksklusiwiteit ná dekades van hegemonie moes prysgee.

In my boek is dit eerbaar om ’n goeie verloorder te wees.

Noudat Gelyke Kanse sy hofsaak verloor het en die aantygings teen die rektor, Wim de Villiers, ook blyk ’n versinsel te wees, moet die beswaardes in die DA (en enkele andere) maar hul groot onderbroeke aantrek en hul pak vat soos dit ’n heer betaam.

Meer oor:  Us  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.