Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
LP-stelsel én Sassa werk nie

Ons agbare parlementslede het ’n hoogs verantwoordelike rol in ons samelewing. Hulle word gevolglik mildelik vergoed met salarisse en voordele waarvan gewone belastingbetalers net kan droom. Derhalwe is dit tragies en teleurstellend dat baie agbares nie die vermoë of inklinasie het of gemotiveerd is om hul pligte bevredigend uit te voer nie.

Hulle bly maklik van sittings af weg met die verskoning dat hulle in kiesafdelings werk. Baie sit en slaap openlik sonder ’n benul wat bespreek word. Dis goed daar is ’n lang resessie dat vakes verlore slaap kan inhaal. Beddens is gemakliker as banke en mense wat raas, steur.

Baie van hulle se gedrag is skokkend en hulle gaan tekere soos sirkusnarre. Die EFF se span is al uitgesmyt omdat hulle sittings ontwrig het.

Hulle moes eerder aansoek vir hul poste gedoen het. Dan kon ’n deeglike seleksie plaasgevind het en sou die agbares waarskynlik beter in staat gewees het om hul werk effektief te doen.

Ons huidige stelsel is ’n swakheid van die demokrasie en kan gerus vervang word.

Die kantore van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) is pateties verby. Ons probeer al die afgelope maande om hulp te kry oor my ma se Sassa-pensioen wat van einde April vanjaar gesteel word. Dit word inbetaal in die kaart wat, let wel, “geblokkeer” moet wees, en dan deur Sassa self onmiddellik getrek.

Om na die hoofposkantoor in Bloemfontein te gaan, lewer niks op nie. En jy kontak verniet die Sassakantore in Bloemfontein. Hulle is veronderstel om al 07:30 beskikbaar te wees, maar verniet. Hulle antwoord geen fone nie.

My ma is amper 79 en nie meer gesond nie, maar word van bakboord na stuurboord gestuur. Die land het onbevoeg geword, en onder die regering verval dit in ’n piesangrepubliek. Ons belastinggeld betaal staatsamptenare se salaris, maar hulle dink dit val uit die lug.

Meer oor:  Sassa  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.