Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Maak beurtkrag net vir wanbetalers

Eskom is nie net ’n skande vir Suid-Afrika en sy inwoners nie, maar maak nou vinnig van ons ’n totaal en al mislukte rommelstaat.

Ten spyte daarvan dat die kragvoorsiener in die grond in bestuur is en toegelaat het dat hy finansieel geplunder word, kry sy onbevoegde personeel steeds buitensporige salarisse en bonusse.

Dis nou tyd dat die burgerlike samelewing saamstaan en sê genoeg is genoeg.

Eskom se bestuur en per­soneel moet vergeet van tariefverhogings voordat hulle nie hul huis in orde kry nie.

Pas beurtkrag net toe op daardie munisipaliteite wat nie hul rekeninge betaal nie en los ons in die Wes-Kaap uit!

Meer oor:  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.