Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Maak tog dié Rip van Winkle wakker

’n Week voor die Paasnaweek vat ek en vroulief die pad Vleesbaai toe. Nadat ons by Swellendam geëet het, bied sy aan om te bestuur. Naby Heidelberg merk sy nie die bord op wat die snelheidsperk as 100 km/h aangee nie en ons word afgetrek en kry ’n boete. Alternatiewelik moet sy op 7 Junie 2021 in Heidelberg voor die landdros verskyn.

Nodeloos om te sê, laasgenoemde is nie ’n opsie wat ons oorweeg nie en ek besluit om die boete te betaal. Nou ja, hier begin die probleem, want betaling kan slegs geskied by wyse van ’n posorder, poswissel of bankgewaarborgde tjek.

Vir dié doel het die betrokke amptenaar die posadres van die Hessequa-munisipaliteit te Riversdal ingevul.

In my jonger dae het ek wel af en toe ’n posorder gekoop en gepos, maar die laaste keer was seker meer as 30 of 40 jaar gelede. Van ’n poswissel het ek nog net gehoor. Verder het my bank tjeks uitgefaseer en maak ek al baie jare lank gebruik van elektroniese bankdienste. Om sake te vererger het ons plaaslike poskantoor sy deure gesluit . . .

Goeiste, het die betrokke plaaslike owerheid nog nooit van elektroniese oorplasings gehoor nie? Moet ek die betaling doen met ’n betalingsinstrument wat nie meer bestaan nie en dit pos by ’n poskantoor wat nie meer bestaan nie?

Kan iemand dalk Riversdal/Heidelberg se Rip van Winkle saggies wakker maak?

Meer oor:  My Stem  |  Boete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.