Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Maak verskil in een vrou se lewe

Dié maand vier ons vroue­maand. Ek weet nie van jou nie, maar ek gaan myself bederf en net die dinge doen wat vir my saak maak, onder meer wat ander minderbevoorregte vroue se lewe kan verander. Al is dit net een s’n – want vrouwees is my passie!

Miskien het sy dieselfde smaak as ek, dan kan ek van my goeie klere wat te klein is aan haar skenk. Ek wil sien dat sy ’n gelukkige, goed versorgde vrou sal wees, asook ’n vriendin met ’n passie vir vrouwees. Ek sal haar uitneem vir ’n heerlike ete en haar bederf.

Hierdie klein, nederige vroutjie is die enetjie wat die afgelope vyf jaar elke Woensdag my swart vullissakke netjies oopmaak, uithaal wat sy wil hê en weer toemaak. Elke Woensdag gee ek ’n paar goedjies vir haar en haar kinders. Sy is trots op hulle, al bly hulle op die ashope. Sy is een merkwaardige vrou wat ook altyd van Jesus praat.

Elke vrou behoort ’n joernaal te hou van haar gebede sodat sy nie met haar werke dit ongedaan maak waarvoor sy gebid het nie. Ons het wonderlike, passievolle vroue in ons gemeenskap en ek versoek elkeen om ’n verskil in een vrou se lewe te maak.

Meer oor:  My Stem  |  Vrouedag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.