Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Maak vrede met die verlede

Anton van Niekerk se skrywe (25.06) verwys. Hy is jammer dat die FAK se jongste monument net jong Afrikaners gedenk. Daar moes ook ’n plekkie ingeruim gewees het vir ’n swart kind. Die eksaltasie van wit bevoorregting tydens die vorige eeu steek hom dwars in die krop. 

Dis nou regtig tyd dat hy besef dat hy nie die enigste een is wat gegrief voel nie. Ter stawing: ons het reeds die land in 1994 oorgegee aan die “regmatige” eienaars wat ons vandag regeer. Maak vrede met die verlede en aanvaar gister as deel van ’n proses wat ons gebring tot by hierdie punt in ons land waar ons almal aan dieselfde kant van die spoorlyn mag woon, maar nie saans ná ses kafee toe kan ry nie. 'n Mens moet nie die verlede vergeet nie, want dieselfde foute moet nie herhaal word nie. 

So in plaas van pleidooie vir die oprigting van nog ’n monument, fokus op die realiteite van vandag. My taal, kultuur en veiligheid is onderdruk en dink 'n bietjie uit watter geledere kom die man wat oor 20 jaar sonder pas deur hierdie land gaan worstel? 

Van Niekerk het probleme met organisasies soos die FAK, Solidariteit en AfriForum. Indien daar behoorlike en regverdige regering was, sou hierdie organisasies hulle nie vir die belange van mense soos myself moes beywer nie. 

Die oprigting van ’n monument vir ’n swart kind langs die van ’n witte sal geensins ’n bres slaan vir ’n nuwe begin in hierdie droewe land nie. Diegene wat dit glo, is heeltemal uit voeling met dit wat in die land aangaan. Skryf liewer oor die disfunksionele regering wat ons samewerking weggevat het.

Meer oor:  Verlede  |  Frans Calitz  |  Anton Van Niekerk  |  Lambertsbaai  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.