Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Maansverduistering bring groter helderheid

Lank lank gelede, nog voor die Bybelse tyd, toe die mens nog onkundig was oor die aard, werking en beweging van die sterre is spesiale magte aan hulle toegeskryf.

Die son en van die sterre is as gode beskou en is as sulks aanbid. Die Egiptenare het hulle Amun-Ra gehad, Grieke vir Helios, Oud-Japanners  Amaterasu en so kan ons voortgaan.

Daar is ook geglo dat die hemelliggame deur die gode rondgeskuif word om sodoende boodskappe aan die mens te verkondig. 

Sons- en maansverduisteringe was skrikwekkende gebeurtenisse en het katastrofiese gebeure voorspel of daarmee gepaard gegaan.

In die Bybel is daar ook talle voorbeelde waar dit gekoppel word aan soortgelyke gebeure. Só het Moses as negende plaag met die uitsteek van sy hand donkerte oor Egipte gebring, dog dit kon nie ‘n sonsverduistering gewees het nie, daarvoor was die drie dae te lank.

Selfs nog in die Nuwe Testament word (wonder)-tekens aan die son, die maan en sterre steeds gebruik om profetiese gebeure aan te dui.

Vandag weet ons egter dat dié liggame op bepaalde bane natuurlik beweeg en dat hul relatiewe posisies duisende jare beide voor- en agteruit deur ingewikkelde wetenskaplike berekeninge presies vasgestel word, met die afwesigheid van bonatuurlike ingrepe.

Bekende natuurlike beginsels bepaal ook tye van droogtes en oorstromings; behalwe dat die mens met sy aardbesoedeling besig is om alles deurmekaar te krap.

Só weet ons ook dat siektes en dood veroorsaak word deur kieme, parasiete, kanker en ander vernietigende dinge wat die oorhand oor die liggaam se immuniteitstelsel kry en nie deur bose geeste of ander onnatuurlike dinge nie.

Vir die meeste van ons was die onlangse  “rooi” maan ‘n wonderlike natuurlike skouspel.  Ons wens is dat diegene wat nog vasgevang sit in argaïese  bygelowe juis tydens dié verduistering ook groter helderheid oor dié dinge kon kry. 


Meer oor:  Jan Venter  |  Bloemfontein  |  Brief  |  Maansverduistering  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.