Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Maar wat van ANC-apartheid?

Die ANC kan altyd kwessies en gevolglike beskuldigings by ander lande, die private sektor, partye, ensovoorts, raaksien, maar nóóit in eie geledere nie – altyd eers ná wye ontevredenheid en vele beroepe wat oor jare heen strek.

In sy weeklikse nuusbrief van 10 Mei identifiseer pres. Cyril Ramaphosa entstof-apartheid. En baie geartikuleerd verdedig hy sy standpunt. Maar hy en ander ANC-lede het nog glad nie ANC-apartheid raakgesien of dit erken nie, byvoorbeeld:

Water- en sanitasieprobleme: Hulle sal eerder wit ingenieurs uitsluit wat permanente oplossings kan bied, teenoor Kubane, wat slegs tydelike oplossings ten duurste moontlik/miskien kan bied. Dit wil sê, eerder diskrimineer en goeie dienste weerhou deur eerder swak dienste te lewer aan burgers, oftewel dienste-apartheid; en

SAL-subsidies en korrupte praktyke op alle vlakke beskerm: Hulle sal eerder geld verkwis en opgeblase tenders aan korrupte ANC-kaders toeken. Dit wil sê steel belastinggeld en verhinder dat die land kan groei, oftewel tender-apartheid.

Vele ANC-kaders het op die naweek se vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) te velde getrek teen die opsystaan-besluit. Tereg vra hulle hoekom slegs enkeles moet boet terwyl daar baie ander is.

Die president se laaste sin in sy nuusbrief stel dit selfs digterlik as hy entstof-apartheid teenstaan: “It is about affirming our commitment to the advancement of equality and human rights, not just in our own country but around the world.”

Dit geld beslis nie ANC-apartheid nie.

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burgerbehou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Bellville  |  Apartheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.