SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
My Stem
Maarman koning van die metafoor

Beeldspraak verryk ’n taal onmeetbaar. Die “kruin” van beeldspraak is ongetwyfeld die metafoor, om ’n metafoor te gebruik . . .

Metafore is natuurlik meer as net beeldspraak; die beelde wat dit oproep ook meer as vergelykings. In die eenvoudigste vorm ontstaan die metafoor uit ’n verbeeldingryke herkenning van ooreenkomste in dinge, eienskappe, gedrag en optrede wat met die eerste oogopslag nie so vanselfsprekend is nie, maar tog meestal onmiddellik ingesien kan word.

Betekenis word van ’n bron­domein na ’n teikendomein oorgedra. Om iemand ’n leeu te noem, is meer as om hom met ’n leeu te vergelyk; hy wórd vir my ’n leeu. Of ’n slang of ’n luis.

Die gehalte van prosa en poësie kan onder meer gemeet word aan die ruimheid en rykdom van die metafore wat die digter en skrywer skep . . .

Wat metafore meer trefkrag gee, is dikwels die feit dat hulle nie alleen die wat van ons denke nie, maar ook die hoe openbaar – wat ons dink en hoe ons daaroor dink. Ons gebruik van metafore gebruik sê dus onwetend ook heelwat oor onsself.

As die metafoor die kruin van beeldspraak is, is Johann Maarman ongetwyfeld die koning van die metafoor. Ek tel gewoonlik die aantal metafore in sy stukke, en sy jongste bevat ongeveer 30 – etlike nuut of vars. Lekker, man!

Meer oor:  Johann Maarman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.