Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mag daar ’n les wees uit die chaos

Genadiglik is die grootste plundery en anargie wat ons land tot nog toe getref het, verby – of ten minste hoop ek so.

Ek het nog nie van één van die baie en gereelde protesoptredes, sowel vreedsaam as gewelddadig, gehoor wat positief eindig vir die protesteerders nie.

Ná die geweld of moeite om die strate in te vaar, bly hul frustrasies en redes vir hul optrede nog dieselfde en onbeantwoord.

Die een wat ongelukkig altyd die prys vir sulke optrede betaal, is die een wat ongestoord sy lewe in vrede wil voortsit.

As enigiemand iets positiefs uit die laaste tyd se chaos gaan leer, hoop ek dit is om te sien dat sulke optrede die probleem vererger eerder as wat dit die kwessie aanspreek.

Ons land worstel met groot probleme. Daar is diegene wat maklik vatbaar is om chaos te saai, want as jy niks het nie, wat kan jy verloor?

Ek hoop net ’n paar van hulle kan sien hoe mense hul werk verloor het en dat die enorme skade wat aangerig is, die reeds moeilike maatskaplike en ekonomiese toestand in die land net vererger het – asook hul eie situasie.

Ons regering het misluk deur die geweld te laat handuit ruk. Wet en orde is al lank nie meer in plek nie en die laaste tyd se gebeure is die bewys daarvan.

Dankie vir die gemeenskappe wat hul dorpe beskerm het. Dankie vir die meeste landsburgers wat in vrede wil leef in Suid-Afrika – saam met my.

Meer oor:  My Stem  |  Plundering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.