Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Mag verbanne teoloog se terugkeer NGK help

Die berig “ ‘Dit was alles oor Belhar’: Prof. Jaap ná 37 jaar in amp herstel” (22.11) het betrekking.

Ek kyk na die foto waar prof. Fanie Snyman, uitgetrede dekaan van die fakulteit teologie en religie aan die Universiteit van die Vrystaat, blad skud met die gerekende teoloog prof. Jaap Durand, en wonder wie wens nou eintlik vir wie sterkte hier?

Prof. Durand word terugverwelkom nadat die NG Kerk sy ampsbevoegdheid onreëlmatig ontneem het as gevolg van sy betrokkenheid in die stryd teen apartheid.

Die teologiese fakulteite van die NG Kerk verkeer onder toenemende druk weens hul rol in die vasgelooptheid van die kerk op sieninge oor selfdegeslaghuwelike en Bybelse skrifuitleg.

Mag die terugverwelkoming van die “verbanne” prof. Durand ’n nuwe gees van regsinnigheid en eerbied vir die Bybel terugbring.

Meer oor:  Ngk  |  Jaap Durand  |  Pieter De Jager  |  Reddersburg  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.